Sunday, 29 July 2012

Elektriese Heinings

Elektriese Heinings En Geïntegreerde Sekerheidsstelsels Wat Die Toon Aangee
 



Ons verskaf elektriese heinings en verwante produkte, toegangsbeheerstelsels, motorhuis- en hek-outomering en CCTV-stelsels as deel van ons omvattende sekerheidsoplossings. Sedert ons maatskappy se ontstaan in 1998, het ons nog altyd doeltreffende en effektiewe oplossings ontwikkel en later selfs ons eie staalprodukte begin vervaardig. Hierdie produkte word dan in kombinasie met gevorderde elektroniese komponente aangewend om omvattende en duursame sekerheidsstelsels te skep wat doelgebou is om aan die kliënt se spesifieke behoeftes te voldoen.

Die Funksie en Noodsaaklikheid van Elektriese Heinings
Daar is verskeie redes waarom geëlektrifiseerde heinings geïnstalleer word en hier is 'n paar voorbeelde:
  • Om ongewensde indringers buite te hou
  • Om inwoners (en/of diere) veilig binne te hou
  • Om komplekse, landgoed, regeringseiendom of fabrieke te beveilig
  • Om plaasgeboue op plase en plotte te beveilig
Daar is dan ook verskeie vereistes om in gedagte te hou ten einde die installasie so effektief as moontlik te maak:
  • Die struktuur moet hoog en stabiel genoeg wees om as 'n effektiewe versperring te dien
  • Die spanning (in Volt) moet so hoog wees as wat volgens wet toegelaat word
  • Daar behoort 'n sirene te wees wat met die heining se energieverskaffers geïntegreer en en alarm sal maak as daar met die heining gepeuter word (hierdie sirene kan ook aan 'n gewapende reaksie-maatskappy gekoppel word vir bykomende gemoedsrus)
Heinings by Landgoed, Komplekse en Besigheidsparke
Die elektriese heinings wat ons by bogenoemde plekke installeer voldoen aan al die volgende vereistes:
  • Elke sone het sy eie energieverskaffer, sodat die hele heining nie uit orde is as een eenheid faal nie
  • Elke energieverskaffer kan afsonderlik aan- en afgeskakel word
  • Al die drade in die heining word geëlektrifiseer
  • Daar is 'n alarm in die beheerkamer vir elke sone
  • Ons kan energieverskaffers op die plek regmaak sonder 'n wagtyd
  • Energieverskaffers kan aan kameras en toegangsbeheerstelsels gekoppel word om 'n ten volle geïntegreerde stelsel daar te stel
Kontak ons vandag vir elektriese heinings wat toon in die sekerheidsmark aangee.